PASTORALE BRIEF OOR GEWELD TEEN VROUE, MEISIES EN KINDERS

“’n hulp wat by hom pas … been van my gebeente en vlees van my vlees.” (Gen. 2:18, 23)

Broeders en Susters

Dit is ‘n baie treurige en tragiese tydperk in ons land; ‘n tydperk waartydens vroue en jong meisies vermoor en onderhewig is aan alle vorme van geweld, fisies en emosioneel.

“Geweld teen vroue kan nie behandel word asof dit ‘normaal’ is in die handhawing van ‘n kultuur van sterk manlike trots wat blind is vir die leidende rol wat vrouens in ons gemeenskappe uitoefen. Dit is nie reg van ons om weg te kyk en toe te laat dat so baie vroue, in besonders jong vroue, se waardigheid vertrap word nie.” (Pous Fransiskus in Peru, 19 Junie 2018)

Ons reik hierdie pastorale brief uit op die vooraand van die Advent Seisoen, ‘n periode vir hernuwing wat ons oproep tot bekering van die hart in ons voorbereiding op die viering van die geboorte van onse Here Jesus. In hierdie konteks van vrees en trauma vir vroue, offer Advent almal van ons ‘n geleentheid om opnuut weer daarna te strewe om Jesus Christus na te volg wat in Sy menswording homself kwesbaar gemaak het en inderdaad onder geweld gelei het aan die hande van diegene wat geweier het om Hom te volg.

“Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed.” (Johannes 10:10)

Met die geboorte van Christus het God sy tent tussen ons opgerig om die gawe van lewe aan die mensdom te bring sodat almal die lewe mag hê, en dit in alle oorvloed mag het.

In hierdie tyd van Advent, laat ons gehoor gee aan die oproep wat tot ons almal gerig is om die gawe van God se lewe aan alle vroue van Suid Afrika te bring, in besonders aan diegene wat in verhoudings vasgevang is waarin hulle mishandel word en diegene wie slagoffers van verkragtings is.

“Kyk, Ek het jou naam in My handpalms gegraveer.” (Jes 49:16)

Gedurende die ses weke wat lei na Kersfees stel ons die volgende aksies voor wat die unieke waardigheid van elke vrou en meisie, elke persoon wat deur God geskape is, bevestig en bevorder:

  • Wend positiewe pogings aan om ons eie families te hernu en te versterk deur gebed en die lees van die Heilige Skrif waarin ons die geboorte van die Seun van God as ‘n mens vier.
  • Ondersteun ander wat na hulp soek om die kwellende probleme in hulle families te oorkom.
  • Werk saam om gebruike uit te wis wat vrouens en meisies op negatiewe stereotiepe wyses uitbeeld en wat nie aan hulle die waardigheid as persoon, as die lewe-draers en kinders van God gun nie.
  • Nooi mans uit om daadwerklike houdings van respek vir vroue aan te moedig en om op te staan vir die waardigheid van hulle.
  • Bevorder gemeenskapspolisiёrings forums en ander strukture wat vroue en meisies geregtigheid waarborg wanneer hulle mishandel, verkrag en vermoor word.

Ons het mans van geloof nodig wat geweldpleging in families en in die gemeenskappe aanspreek en veroordeel.

Ons het mans nodig wat positiewe rolmodelle vir ons seuns is.

Ons het mans nodig wat saam met vroue en meisies die gesig van God se liefde uitbeeld.

Dit is ons vurige gebed dat hierdie Advent ons voorberei op die geboorte van Jesus Christus, “gebore uit ‘n vrou” (Gal 4:4) – deur onsself te verbind tot tuistes en families en ‘n samelewing waar ons die liefde, blydskap, vrede, geloof en hoop vier wat die engele met die geboorte van ons Heiland verkondig het, Vrede op aarde” -wat die ontdekking van die eerste mens vervul toe hy herken en uitroep: “’n hulp wat by hom pas … been van my gebeente en vlees van my vlees.” (Gen 2:18, 23)

Ons bid dat hierdie brief van ons beroep op u, julle hartsnare sal aanraak wat lei tot die vestiging van ‘n nuwe harmonie van lewe onder ons as mans en vroue, geskape in die beeld en gelykenis van God en vir Sy glorie.

U Biskoppe
November 2019
Bishop Sithembele Sipuka
The Bishop of Mthatha Diocese
President of the SACBC

Facebooktwitteryoutube

Facebooktwitterlinkedinmail

Leave a Reply